Kerk van die Ooste

Kerk van die Ooste
Die ruïne van die Klooster van Mar Eliya (Irak) in 2005. Dit is in 2014 deur ISIS vernietig.
Die ruïne van die Klooster van Mar Eliya (Irak) in 2005. Dit is in 2014 deur ISIS vernietig.
Plaaslike naam ܥܕܬܐ ܕܡܕܢܚܐ
Geloof Oosterse Christendom
Leiernaam Katolikos-Patriarg van die Ooste
Bestel Episkopaal
Gebied Midde-Ooste, Sentraal-Asië, Verre Ooste, Indië[1]
Liturgie Oos-Siriese Ritus
(Liturgie van Addai en Mari)
Hoofsetel Seleukië-Ktesifon (410-775)[2]
Bagdad (775-1317)[3]
Stigter Apostel Thomas
Stigtingsdatum Apostoliese Tydperk
Skeurings In 1552 verdeel in twee patriargate, later vier, maar teen 1830 weer twee; een is die Chaldeeus-Katolieke Kerk en die ander het in 1968 verdeel in die Assiriese Kerk van die Ooste en die Antieke Kerk van die Ooste
Ander name Oos-Siriese Kerk, Kerk van Seleukië-Ktesifon, Persiese Kerk, Assiriese Kerk, Babiloniese Kerk, Nestoriaanse Kerk

Die Kerk van die Ooste (klassieke Siries: ܥܕܬܐ ܕܡܕܢܚܐ, ʿĒḏtā d-Maḏenḥā) was 'n Oosters-Christelike kerk van die Oos-Siriese ritus wat in Mesopotamië gesetel was. Dit is een van die drie grootste takke van die Oosterse Christendom (Christendom in die Oos-Romeinse Ryk) wat uit die Christologiese omstredenhede van die 5de en 6de eeu n.C. ontstaan het, saam met die Oriëntaal-Ortodokse Kerke en die Chalcedoniese kerke. In die vroeë moderne tydperk het 'n reeks skeurings aanleiding gegee tot mededingende patriargate, soms twee en soms drie.[4] Sedert die laaste helfte van die 20ste eeu maak drie kerke in Irak aanspraak op die erfenis van die Kerk van die Ooste. Intussen maak die Oos-Siriese kerke in Indië aanspraak op die erfenis van die Kerk van die Ooste in Indië.[1]

Die Kerk was onder verskeie name bekend, onder meer die Oos-Siriese Kerk,[5], die Kerk van Seleukië-Ktesifon,[6] die Persiese Kerk, die Assiriese Kerk, die Babiloniese Kerk[7][8][9] en die Nestoriaanse Kerk.

  1. 1,0 1,1 Baum & Winkler 2003, p. 2.
  2. Stewart 1928, p. 15.
  3. Vine, Aubrey R. (1937). The Nestorian Churches. London: Independent Press. p. 104.
  4. Baum & Winkler 2003, p. 112-123.
  5. Baum & Winkler 2003, p. 3,4.
  6. Orientalia Christiana Analecta. Orientalia Christiana Analecta. Pont. institutum studiorum orientalium. 1971. p. 2. Besoek op 17 Junie 2022. The Church of Seleucia - Ctesiphon was called the East Syrian Church or the Church of the East .
  7. Paul, J.; Pallath, P. (1996). Pope John Paul II and the Catholic Church in India. Mar Thoma Yogam publications. Centre for Indian Christian Archaeological Research. p. 5. Besoek op 17 Junie 2022. Authors are using different names to designate the same Church : the Church of Seleucia - Ctesiphon, the Church of the East, the Babylonian Church , the Assyrian Church, or the Persian Church.
  8. Fiey 1994, p. 97-107.
  9. Baum & Winkler 2003, p. 4.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne